Grading and price in the accommodation sector of South Africa

16 August 2012

Hierdie artikel fokus op ’n analise van die verhouding tussen gradering en prys in die akkommodasie-sektor in Suid-Afrika. Die navorsing is uitgevoer in samewerking met die hoofrolspelers in die akkommodasie-sektor naamlik SATSA (South African Tourism Service Association), FEDHASA (Federated Hospitality Association of Southern Africa) en TGCSA (Tourism Grading Council of South Africa). Spearman Rank-korrelasie is uitgevoer en die resultate toon ’n sterk korrelasie tussen die gradering van die akkommodasie en prys. Dit bevestig dat bestuurders “sterre” as simbole van die tipe gehalte wat hulle kan aanwend om ’n “waarde-vir-geld”-ervaring aan te dui wanneer toeriste akkommodasie teen ’n bepaalde prys kies.