Public administration in Pilgrims Rest, 1915 - 1969.

11 April 2012

• Opsomming: Nadat die maatskappy Transvaal Gold Mining Estates (TGME) die plaaslike bestuur in Pelgrimsrus twintig jaar lank afgeskeep het, is die administrasie van onder meer sanitasie, die begraafplaas, skut en slagpale in 1915 aan die Pilgrims Rest Health Committee (PRHC) opgedra. Die mynmaatskappy het egter nog volle beheer uitgeoefen oor die gebruik en verkoop van grond, asook die verskaffing en koste van water en elektrisiteit. Gevolglik was die onbemiddelde en onbeduidende gesondheidskomitee op groot skaal aangewese op die TGME se steun en hulpbronne wat arbeidsvoorsiening en die gebruik van sy geboue soos pakhuise, kantore en werkwinkels ingesluit het. In hierdie artikel word die oorsprong en omvang van voormelde afhanklikheid ontleed.