Mfengu beach labour and Port Elizabeth harbour development.

05 April 2012

• Opsomming: Die wyse waarop skepe in die hawe van Port Elizabeth op- en afgelaai is, het tussen 1820 en 1870 feitlik onveranderd gebly. Die platboomskuite waarin alle goedere gelaai is, moes deur middel van 'n sleeptoustelsel die berugte branders van Algoabaai tussen die hawe en die ankerplek trotseer. Arbeiders moes op bulle beurt weer die platboomskuite laai en daarmee deur die soms onstuimige see strand toe swoeg. Hierdie soort werk is van die Sesde Grensoorlog (1834-1835) af tot en met die sogenaamde beesdoodmaakepisode van 1857 uitsluitlik deur lede van die Mfengustam verrig. Totdat 'n reeks kaaie tussen 1869 en 1902 gebou is, was daar geen ander metode van strandvervoer nie en kon Mfenguarbeiders gevolglik besondere bedingingsmag uitoefen. Hulle was dan ook verantwoordelik vir die eerste opgetekende staking in Suid-Afrika toe bulle op 9 November 1846 vir hoër lone gestaak het.