Potchefstroom se stigting 1838 of 1839?

28 March 2012

• Opsomming: Verkeerde en/of aanvegbare bronvertolkings het 'n belangrike rol gespeel in die aanvaarding van 1838 as vestigingsdatum van Potchefstroom. Belangstelling in die vestigingsfase van die Trekkers in die Oorvaalse gebied het egter gelei tot nuwe inligting en 'n herinterpretasie van bekende bronne. Daaruit blyk dit dat Andries Hendrik Potgieter in Junie 1838 grond tussen die Vet- en Vaalrivier van Makwana vir beeste geruil het. Kort daarna het die registrasie van plase begin. Teen vroeg-Desember 1838 toe Potgieter verneem dat die Kaapse regering moontlik in die Trekkers se sake kon inmeng, bet hy 'n 'onafhanklikheidsverklaring' uitgevaardig waarvolgens Mzilikazi se gebied beset sou word. Nadat hy vasgestel bet dat Mzilikazi 'land-uit' gevlug het, het die Voortrekkerleier besluit om tot permanente vestiging oor te gaan. Verskeie bronne en omstandigheidsgetuienis dui daarop dat Potchefstroom in Maart/April 1839 gestig is, terwyl die eerste registrasie van plase in die streek eers op 3 Junie 1839 plaasgevind het.