'But only we Black men die': the 1929 - 1933 malaria epidemics in Natal and Zululand.

22 March 2012

• Opsomming: In Natal en Zoeloeland het die buitengewoon strawwe malaria-epidemies duisende swart lewens gedurende die tydperk onder bespreking geëis. Droogte en wanvoeding het veral kinders verswak, terwyl die ekonomiese depressie werkloses na die reservate laat terugkeer het. Sowel hulle as die duisende 'vreemde' arbeiders op die suikerplase het geen weerstand gehad nie teen malaria wat uitheems aan die streek was. Uit wantroue jeens die regeringe en gesondheidsowerhede het baie Zoeloes ook geweier om die teenmiddel kinien in te neem. Al die faktore saam het meegebring dat die epidemies die hewigste nog in menseheugenis was.