Race, class and comfort on rural buses, 1925 - 1955.

22 March 2012

• Opsomming: In 1912 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë 'n padmotordiens ingestel vir passasiers en ligte vrag in die yl bevolkte platteland waar min verkeer nie spoorverbindings geregverdig het nie. Blanke passasiers het geriefliker as swartes gereis, 'n voorreg wat hulle vurig beskerm her. Dit was veral die opgevoede, middelklas swart passasiers wat kapsie gemaak het teen die swak toestande waaraan hulle blootgestel was. Hulle het aangedring op betel geriewe wat hul hoër status sou weerspieël. Te midde hiervan het die Spoorweë dit moeilik gevind om 'n diens te bedryf wat al sy kritici tevrede sou stel en, ondanks die wisselende vraag, tog ekonomies lewensvatbaar bly.