From apartheid to development: science policy and the politics of race in South Africa.

15 March 2012

Toe die ANC aan die bewind gekom het, het hulle 'n nuwe wetenskapsbeleid aangekondig wat verbind is tot gemeenskaplike ontwikkeling. Voorstanders het beswaar gemaak dat navorsing voorheen voortgedryf is deur blanke belange, vermom as "objektiewe" wetenskap, en dat dit net blanke voorregte, rassediskriminasie en etniese skeiding bevorder het. Hierdie artikel beweer dat die waarheid egter meer gekompliseerd is. Alhoewel party wetenskaplikes moontlik wel in bewindsverbonde velde gewerk het en in die eerste dekades van die eeu rassistiese teorieƫ bevorder het wat die opkoms van apartheid bevorder het, het die meeste wetenskaplikes in die apartheidsjare hulle werk as "apolities" beskou. Teen 1994 het die Suid-Afrikaanse wetenskap ongetwyfeld heelwat probleme in die gesig gestaar, sommige wel voortspruitend uit die nalatenskap van apartheid. Maar die regering het nie gewoonlik navorsing uitsluitlik vir blankes bevorder nie. Die enkele opvallende voorbeelde van die misbruik van die wetenskap vir die doeleindes van die apartheidsregering was toenemend hoogs geheime projekte. Amptelike dokumente in die Botha- en post-apartheidsjare vertoon 'n verbasende bestendigheid aangaande die mees doeltreffende gebruik van beperkte staatshulpbronne, vir toegepaste eerder as suiwer navorsing, en tot voordeel van die hele gemeenskap, dikwels met spesiale verwysing na die lot van minderbevoorregte groepe. Die beleidsmakers onder die ou stelsel het reeds baie gemeende probleme in die wetenskapsbeleid erken, en baie haakplekke sal waarskynlik nog steeds voortduur - ook onder 'n meerderheidsregering.