Municipal hawking: Johannesburg's mobile markets, 1944 - 1952.

06 February 2012

• Opsomming: In die tydperk 1944 - 1952 het die mobiele markte van Johannesburg hul beslag gekry en weer tot niet gegaan. Die munisipaliteit se proefneming om voedsel op straat te verkoop, was 'n poging om die hoë voedselpryse van die tyd teen te werk. Die ingebruikneming van die mobiele voedselwaens het egter heelwat teenkanting uitgelok. Aanvanklik het die waens 'n diens aan die Blankes in die laerinkomstegebiede van Johannesburg gelewer, maar die diens is later geografies uitgebou sodat ook die hoërinkomstevoorstede ingesluit is. Toe die skema sy hoogtepunt bereik het, was sewe waens in bedryf. Daar is verskeie redes waarom die mobiele markte tot niet gegaan het, onder meer hoë bedryfskoste, 'n skerp afname in kopersondersteuning, kwaai mededinging van privaat kleinhandelaars en smouse en die herstel van normale marktoestande na die oorlog.