Greytown: a South African townscape.

01 February 2012

• Opsomming: Op enkele uitsonderings na is die stedelike nedersettings van Suid-Afrika deur mense van of Hollandse of Britse herkoms gestig. Die Hollands-Afrikaanse dorp en die British-settler town is as tipes duidelik van mekaar te onderskei, maar die Britse oorname van elk van die vier provinsies het telkens 'n tydperk van vermenging van dorp- en town-elemente ingelui. Hierdie proses van interkulturele ontlening het Suid-Afrikaanse dorpsbeelde na vore gebring waarvan Greytown in Natal 'n sprekende voorbeeld is. Dorpsbeelde weerspieël die kultuurgeskiedenis duidelik en die vertolking daarvan kan daarom 'n bruikbare toevoeging tot ander geskiedkundige bronne wees.