United Albany Brethren benefit society.

31 January 2012

• Opsomming: In die vorige eeu het die sogenaamde "friendly societies" aan mans 'n vorm van versekering gebied deur die stigting van 'n gemeenskapsfonds waaruit hulle gehelp kon word in geval van siekte en nood. Die verenigings het ook gesorg vir vermaak en kameraadskap tydens byeenkomste. Die United Albany Brethren Benefit Society van Grahamstad was 'n voorbeeld van so 'n vereniging. Dit is in 1828 deur Britse Setlaars gestig en as een van die eerste plaaslike organisasies in Grahamstad en omgewing het dit 'n belangrike plek beklee en is sterk met die geskiedenis van Grahamstad en die Albany-nedersetting geassosieer. Hoewel lede hoofsaaklik geskoolde vakmanne was, het van bulle later hoë poste beklee. Die vereniging het al die teenslae van die 19e eeu deurstaan, maar die omwenteling wat die Anglo-Boereoorlog van 1899 - 1902 teweeggebring het, het hom die finale nekslag toegedien.