Labour and industry: jobreservation in the Eastern Cape motor industry in the 1960's.

31 January 2012

• Opsomming: Teen die laat 1950's was die motornywerheid 'n belangrike vertakking van sekondêre industrie en 'n betekenisvolle werkgewer veral in die Oos-Kaap. Gedurende die 1960's was die nywerheid onderworpe aan fases 1 en 2 van die plaaslike inhoudsprogram. Die regering en sommige vakbonde het gepoog om die belange van blanke werknemers in die industrie te bevorder deur die toepassing van werkafbakening en die Fisiese Beplanningswet van 1968. Die gesindhede onderliggend aan arbeidsverhoudinge in die motorindustrie in die Oos-Kaap is gaandeweg gedurende die 1970's ondergrawe as gevolg van druk wat uitgeoefen is op buitelandse maatskappye wat in Suid-Afrika sake gedoen het.