Rand capitalists and Chinese resistance.

30 January 2012

• Opsomming: In hulle poging om die invoer van Chinese kontrakarbeid aan die begin van hierdie eeu te regverdig, het die Randse kapitaliste hierdie potensiële arbeidsmark as gedweë, onderdanig en dienswillig uitgebeeld. Om opposisie te paai, het bulle saam met die Britse koloniale regering beperkende regulasies geformuleer ten einde streng beheer uit te oefen en maksimum resultate uit die Chinese ongeskoolde arbeiders te kry. Ten spyte van hierdie beperkinge het die Chinese, net soos ander geskoolde en ongeskoolde mynwerkers aan die Randse myne, die uitbuiting deur die kapitalistiese stelsel aktief teengestaan met alle moontlike metodes tot hulle beskikking. Hierdie weerstand het van drostery tot algemene weiering om te werk gestrek, die opvatting van 'n passiewe en onderdanige Chinese arbeidsmag weerlê en terselfdertyd die omvang en aard van arbeids aktiwiteite aan die Randse goudmyne uitgebrei.