Visiting our urban past: the Kimberley mine and Pilgrims Rest museums.

26 January 2012

• Opsomming: Die museum in Pelgrimsrus en die Kimberley Mynmuseum Verteenwoordig besondere prestasies in die aanbieding van die verlede aan die publiek. Nogtans kan beide, ten spyte van hul inherente bekoring, gekritiseer word omdat hulle nalaat om die kragte onderliggend aan sosiale verandering uit te beeld. Sommige van die teenstrydighede tussen die jongste historiografie se interpretasie van die verlede en die museums se aanbieding van daardie verlede, word in die artikel bespreek. Voorstelle vir die verdere ontwikkeling van die museums om dié vraagstukke aan te spreek word dan ondersoek.