Road building and the environment.

23 January 2012

Met die tegnologiese vooruitgang wat die industriële revolusie meegebring het, is die mens se beskouing van die natuur met die loop van tyd verander. Soos wat die samelewing verander het, moes die natuur dadelik aanpas en het die omgewing die knie moes buig voor die mens se kapitalistiese en industrialisasiebehoeftes. Die bou van paaie en treinspore teen die einde van die negentiende eeu het byvoorbeeld getoon hoe geweldig het die mens se beskouing van die natuur verander om aan te pas by die diktering van die industriële ontwikkeling. 'n Vergelykende studie van die bou van paaie deur twee omgewingsensitiewe, areas in twee verskillende gedeeltes van die wêreld: die Glenwood Canyon in Colorado in die VSA en die Tuinroete in die Suid-Kaap in Suid-Afrika, lewer verskeie interessante insigte, veral omdat beide snelweë opgegradeer is in 'n tydperk toe omgewingsake 'n sleutelrol in infrastruktuurontwikkeling begin speel het. Uit die navorsing blyk dit duidelik dat die verskerpte omgewingsbewustheid 'n leidende rol gespeel het in die beplanning van albei die paaie. Daar Ie 'n verpligting op historici om hul stem te voeg by die van andere uit ander dissiplines om die omgewingsdebat te stimuleer. 'n Bestudering en beskrywing van die geskiedenis van mense en gebeure is onherroeplik gekoppel aan die omgewing waar dit plaasgevind het. 'n Dokumentering van sodanige geskiedenis is om 'n stem te gee aan die stemlose omgewing.