Afrikaner responses to post-apartheid South Africa: diaspora and the re-negotiation of a cultural identity.

23 January 2012

Hierdie artikel handel oor Afrikaners se reaksie op die uitdagings wat post-apartheid Suid-Afrika sedert 1994 aan die posisie van Afrikaans as amptelike landstaal en ‘n Afrikaner kulturele identiteit gebied het. Afrikaner-reaksie tot die dramatiese veranderinge wat die Suid-Afrikaanse bestel ondergaan het, het veral op twee wyses gemanifesteer. Ten eerste was daar ‘n neiging tot inwaartse, maar veral uitwaartse diaspora. Tweedens is daar pogings om ‘n Afrikaner-identiteit in post-apartheid Suid-Afrika te herdefinieer. In hierdie geval word op drie spesifieke kwessies gefokus, te wete die posisie van Afrikaners in ‘n post-1994 liberale demokrasie, die Afrikaanse taaldebat en Afrikaanse populêre kultuur en die sogenaamde “De la Rey-verskynsel”. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat die handhawing van ‘n Afrikaner-identiteit in oorsese diaspora omstandighede op die lange duur nie volhoubaar is nie. Ook binne Suid-Afrika is Afrikaner kulturele identiteit tans baie vloeibaar. Die voortbestaan daarvan sal afhang tot hoe ‘n mate Afrikaners daardie identiteit volgens ‘n nuwe waarde sisteem kan herdefinieer en alle Afrikaans-sprekers kan saamsnoer om ‘n waardige plek vir Afrikaans as hulle moedertaal te beding.