Contradictions of community within local government in the 1950s with reference to municipal beer trading.

19 January 2012

• Opsomming: Hierdie artikel beskryf die etiese dilemmas waarin munisipale amptenare in die 1950s hulleself bevind het, veral rakende die munisipale bierbrouery in die swart woongebiede. Hierdie ervarings illustreer die patriargale verhoudings tussen swart en blanke gemeenskappe, en die paternalistiese politieke denke van hierdie era. Die onderliggende probleem was dat blanke amptenare probeer het om swart inwoners se reg om bier te gebruik binne ’n konteks van inheemse gemeenskapsreg verstaan het, en nie as ’n vorm van moderne, indiwiduele regte nie. Drie hooftemas word hier geanaliseer: bierbrouery as ’n teenvoeter vir probleme van moderniteit en sosiale dissipline; die rol van kulturele verskille wat patriargale sisteme van beheer aangemoedig het; en die morele probleme van winste as gevolg van bierbrouery, in ’n konteks van paternalisme. Die artikel beskryf hoe die munisipale amptenare hulle morele besware uiteindelik oorkom het, in ’n konteks van Verwoerdiaanse voorskrifte op munisipale segregasie en rassedominasie.