Entrepreneur, social capital and the survival of Afrikaner business on the Witwatersrand, 1930 – 2007: the case of Burgers Brothers Clothing enterprise.

19 January 2012

• Opsomming: Die ekonomiese afswaaifase van die 1930s is verswaar deur die geweldige droogte, plae en peste in die landbou en toenemende verarming onder blanke Suid-Afrikaners. Verstedeliking het een oorlewingstrategie gebied. Ty Burgers het ‘n klerewinkel begin met as teikenmark die verarmde blankes veral verarmde Afrikaners op die Witwatersrand. Hierdie artikel maak gebruik van sosiale kapitaalteorie om die vestiging van nuwe netwerke deur die Burgers onderneming in die sake-omgewing te verduidelik, waardeur die oorlewing van die Afrikaneronderneming bewerkstelling is. Die Burgers onderneming moes vestig te midde van sterk mededinging in die klere- en modebedryf in Johannesburg. Mededinging is veral gebied deur Indiër- en Joodse handelaars. Die Burgers familiebesigheid het homself baie vernuftig geposisioneer tussen die Afrikaner kultuur- en politieke netwerk en die Joodse sakenetwerk sedert die vestigingsjare. Burgers het die voorkeurverskaffer geword van klerasie aan die Afrikaners in Johannesburg, asook later vir skoolklere en sportdrag. Die artikel ondersoek die ontwikkeling van die bestuurstrategie van die Burgers familiebesigheid sedert die na-oorlogse jare van mededingende nasionalisme in Johannesburg. Die opvolgstrategie en die impak daarvan op die onderneming word ook bespreek.