Labour union voices in South Africa and arguments to scrap inflation targets - a historical and 21st century debate.

13 January 2012

• Opsomming: Inflasieteikens wat inflasieverwagtings anker, is die primêre doelwit van monetêre beleid van sentrale banke in ontwikkelde lande. Binne 21ste eeuse debatte kritiseer vakbonde, en spesifiek Congress of South African Trade Unions, die regering dat die monetêre beleid ekonomiese groei en indiensname benadeel. In hierdie bespreking word die skrapping van inflasieteikens bespreek teen die agtergrond van ‘n historiese fokus rakende vakbonde en arbeid in Suid Afrika. Swart werkers het teen die toe-heersende wetlike gesag in die sewentiger jare gemobiliseer en die rol van vakbonde het gestalte in 1973 gekry met ‘n eerste groot staking in Durban. Die eertydse Wiehahn Kommissie het die rol van vakbonde ondersoek en wetgewing wat op die kommissie se verslag gevolg het, het kollektiewe bedinging meegebring. Die invloed van vakbonde het vanaf die tagtigerjare beduidend vergroot. Vakbonde en veral COSATU, is egter histories nie met suiwer vakbond aangeleenthede betrokke nie. Vakbonde en veral COSATU is aktief betrokke in politieke prosesse as alliansielid van die African National Congress regering, arbeidswetgewing en inspraak met makro ekonomiese beleid in Suid Afrika. Die rol van COSATU met betrekking tot monetêre beleid word onder die soeklig geplaas en hulle meer resente kritiek teen die beleid van inflasieteikens word bespreek. Die Ministerie van Finansies in die tyd van Minister van Finansies Trevor Manual het die beleid van inflasieteikens in 2000 geïmplementeer en onderskryf. Die daaropvolgende Minister van Finansies (Pravin Gordhan) het na die verkiesing van mnr Zuma as nuwe president in 2009 in sy eerste begrotingstoespraak in 2009 bevestig dat die Regering nie sal afwyk van die inflasieteikens beleid nie afgesien van voortdurende kritiek van COSATU.