The Grahamstown city hall - the tale of two foundation stones.

12 January 2012

• Opsomming: Ofskoon Grahamstad reeds in 1837 munisipale status verwerf het, het dit bykans nog vyftien jaar geduur voordat ernstige pogings aangewend is om 'n eie stadsaal en kantore vir die munisipale kommissarisse te bekom. Gedurende die vroeg-vyftigerjare het die plan om die Wesleyaanse Kapel vir hierdie doel aan te koop, egter skipbreuk gely. In 1862 is 'n standplaas gekoop waar die stadsaal gebou sou word. Intussen is besluit om 'n gedenktoring ter ere van die 1820-Britse Setlaars digby hierdie standplaas op te rig. Die hoeksteen van die toring is op 23 Mei 1870 gelê. Op 28 Augustus 1877 het 'n kleurvolle gebeurtenis hom hier afgespeel toe die goewerneur van die Kaapkolonie, sir Bartle Frere, die hoeksteenlegging van die stadsaal waargeneem het. Begin Mei 1882 is die doelmatige stadsaal met sy aangrensende kantoorkompleks amptelik in gebruik geneem. In dieselfde maand is ook die prominente gedenktoring op treffende wyse onthul. Hierdie twee argitektoniese bakens hou in werklikheid geen verband met mekaar nie en het afsonderlik en elk in eie reg tot stand gekom; tog word hulle vandag as ʼn eenheid beskou.