When the railway came to Grahamstown.

11 January 2012

• Opsomming: Die oopstelling van die spoorlyn tussen Alicedale en Grahamstad op 3 September 1879 was 'n gebeurtenis van besondere belang vir Grahamstad. Die gedagte om Grahamstad per spoor met die hawe in Port Elizabeth te verbind, het drie-en-twintig jaar vroeër by die sakemanne van Grahamstad ontstaan. Toe die spoorlyn uiteindelik gebou is, was die inwoners van Grahamstad eintlik meer ten gunste van ʼn spoorverbinding met die hawe van Port Alfred. Dit is egter eers vyf jaar later gebou. Toe die eerste sooi gespit is vir die bou van die spoorwegstasie en ook toe die eerste passasierstrein in Grahamstad aangekom het, is groot feesvierings en feestelikhede gereël.