Children’s rights of access to health care services and to basic health care services : a critical analysis of case law, legislation and policy

Access full-text article here

Tags:

Peer-Reviewed Research
  • SDG 17
  • Abstract:

    Die Grondwet waarborg kinders se reg op gesondheidsorg in artikel 27(1) en artikel 28(1)(c). Artikel 27(1) bepaal dat elkeen die reg op toegang tot gesondheidsorgdienste het, met inbegrip van reproduktiewe gesondheid sorg. Artikel 28 bepaal dat elke kind die reg op basiese gesondheidsorgdienste het. Die artikel ondersoek die betekenis en verband tussen die twee regte om sodoende te bepaal wat dit vir die staat beteken. Dit gee dan aanleiding tot ’n evaluering van wetgewende en ander maatreëls wat die regering aangeneem het om die twee regte te realiseer.