Revisiting the limping parental condition of unmarried fathers

Access full-text article here

Tags:

Peer-Reviewed Research

Abstract:

Die oogmerk van artikel 21 van die Kinderwet was om die gemenereg so te ontwikkel dat ten minste betrokke ongetroude vaders ook deur regswerking as die ouers van hulle biologiese kinders erken kan word by geboorte. Die wetgewer het egter hierdie proses bemoeilik deur die dubbelsinnige en onduidelike terme wat in die bepaling gebesig word. Die groeiende aantal sake waarin die howe genader word vir die opheldering van die inhoud van artikel 21 is bewys hiervan en kom as geen verrassing nie. Die artikel gee ’n kritiese oorsig oor hierdie uitsprake wat nog grotendeels ongerapporteer is. Die mening word gehuldig dat die reg in terme van artikel 21 nie net ongeregverdig teen ongetroude vaders diskrimineer op grond van geslag en getroude status nie, maar ook teen ongetroude moeders en veral die kinders van sulke vaders. Daar word geargumenteer dat vaders op dieselfde basis as moeders ouerlike status behoort te verkry bloot op grond van die biologiese band met die kind. Indien dispute tussen die ouers ontstaan oor die uitoefening van hulle verantwoordelikhede en regte kan mediasie, ’n ouerskapplan of selfs die hof genader word om te bepaal wat is in die beste beland van die kind. Tot tyd en wyl artikel 21 ongrondwetlik verklaar word, sal die hinkende ouerlike status van ongetroude vaders egter voortduur. Die gevolgtrekking wat bereik word is dat alhoewel die uitsprake van die howe kan help met die uitleg van artikel 21, dit nie kan kompenseer vir die onderliggende gebrek aan objektiewe kriteria vir die verkryging van ouerlike verantwoordelikhede en regte deur ongetroude vaders nie.