Afrikaans as Standaard Gemiddelde Europees: wanneer 'n lid uit sy taalarea beweeg

Access full-text article here

Tags:

Peer-Reviewed Research
  • SDG 13
  • Abstract:

    OPSOMMING: ʼn Onlangse tendens in die studie van Standaard Gemiddeld Europees (Standard Avarage European), is die sogenaamde “ekstra-territoriale perspektief”. Hiermee word gepoog om te bepaal tot watter mate tale van die Sprachbund en nie-Europese tale vanweë taalkontak op mekaar begin afstem. Die huidige artikel val binne die kader van hierdie navorsingsfokus, deurdat dit ondersoek instel na die mate waarin ʼn Europese taal begin afwyk het van Standaard Gemiddeld Europees nadat dit geografies uit die taalarea verwyder is. Die fokus is op Nederlands – ʼn nukleuslid van die Sprachbund – en Afrikaans – die koloniale T2-taal. Die twee tale is vergelyk op basis van die twaalf van die mees kenmerke eienskappe van Standaard Gemiddeld Europees. Daar is gevind dat Afrikaans tien van die twaalf kenmerke met Nederlands deel, insluitend antikou-satiewe prominensie en die formele onderskeid tussen intensifiseerders en refleksiewe. Ten spyte van die verskil in die wyse waarop Afrikaans en Nederlands negatiewe voornaamwoorde of eksterne besitters gebruik, kan Afrikaans, vanweë die mate van ooreenstemming met SGE, steeds nog as ʼn kernlid van die taalarea gereken word. ʼn Moontlike rede vir die feit dat Afrikaans nog so baie van die taalarea se kenmerke het, kan waarskynlik toegeskryf word aan die variëteit wat die basis van die standaardtaal in die vroeë ontwikkelingsjare van Afrikaans gevorm het, te wete Oosgrensafrikaans. ABSTRACT: A recent trend in the study of Standard Average European is the extraterritorial perspective of examining the extent to which non-European languages have converged with this Sprachbund as a result of contact with one or more of its members. The present article complements this line of research in that it investigates the extent to which a European language has diverged from Standard Average European after leaving the linguistic area. The focus is on Dutch, a nuclear member of the Sprachbund, and Afrikaans, its colonial offshoot. The two languages are compared with respect to twelve of the most distinctive linguistic features of Standard Average European. Afrikaans is found to share ten of them with Dutch, including anticausative prominence and formally distinguished intensifiers and reflexives, and could therefore still be considered a core member of the Sprachbund, despite deviations in the expression of negative pronouns and the grammaticality of external possessor constructions. This relatively low degree of divergence may be attributed to the continuity from Settler Dutch to at least the variety of Afrikaans on which the standard language is based and to the important role that Dutch continued to play in the history of Afrikaans.