Wildernis en woestyn: omgewingskragte teen die mens s’n in Boendoe en Toewaaisand

Access full-text article here

Tags:

Peer-Reviewed Research
  • SDG 17
  • Abstract:

    In Chris Barnard se “Boendoe” (1999) en Christoffel Coetzee se “Toewaaisand” (2003) word ’n spanningsverhouding tussen mens en natuur aangetref. Die artikel ondersoek die aard en intensiteit van die karakters se belewing van en reaksie op geografiese afsondering en natuurlike omgewingskrisisse en -kragte in die romans. In albei romans word bewyse gevind van verhoogde interafhanklikheid van die karakters, maar ook ’n aftakeling van sosiale en kommunikasievaardighede en ontnugtering in die vermoë om sinvolle verhoudings aan te knoop of te handhaaf. Die omringende natuuromstandighede en -gebeure gee aanleiding tot trauma en uitputting by karakters in “Boendoe” en ervarings van lewensontwrigting, isolasie en vervreemding van geliefdes in “Toewaaisand”. Bevindings uit die sielkunde word in hierdie artikel betrek om karakterervarings en individuele vertelling te verbind met die algemeen-menslike, om ’n relevansie vir die leser se lewe aan te toon. In albei romans hou die invloed van natuurlike omgewingsfaktore verband met die ontstaan van liminale ervaringsgebiede. Die karakters ervaar die fases van “afskeiding” en “limen” in Turner se transformasiemodel, maar dit word nie gevolg deur die belewing van “herinkorporasie” nie. Teenoor die kreatiwiteit wat gewoonlik met liminaliteit gepaard gaan, is in hierdie romans ’n afbrekende, vernietigende proses werksaam: liminaliteit sonder hoopvolle of opbouende vooruitsig