Ingeplaaste skryf as vergestalting van ekosentriese ingesteldheid in Petra Müller se verhaalkuns

Access full-text article here

Tags:

Peer-Reviewed Research
  • SDG 17
  • SDG 8
  • SDG 5
  • Abstract:

    Die mens-aarde-verbintenis is ’n deurlopende tema in die oeuvre van Petra Müller. In dié artikel word gefokus op hierdie band soos gereflekteer in haar prosakuns en spesifiek in verhale met ’n outobiografiese inslag. Die doel is om die natuurgesentreerde aard van Müller se verhaalkuns te beklemtoon deur aandag te vestig op die wyse waarop die skrywer (die ‘ek’ in verhale waarin die verteller identifiseerbaar is as die skrywer self) deel word – op sensoriese, emotiewe en intellektuele vlak – van die omgewing in die natuur waarin sy haar bevind en hoe sy daarop reageer. Sentraal in die ondersoek staan die wyse waarop hierdie reaktiewe betrokkenheid in Müller se prosa gemanifesteer word deur die implisiete outeur en die tegniek van ingeplaaste skryf. ‘Emplaced writing’ is ’n konsep deur Linda Russo geskep en geïntegreer deur Susan Smith met die idee van Lawrence Buell van ‘emplacement’ om te verwys na die tegniek wat uitdrukking gee aan ’n aktiewe bewus wees van die self en van die plek wat fisiek deur die skrywer in beslag geneem word en hoe die liggaam daarin pas. Vollediger perspektief op en groter waardering vir Müller se werk spruit uit begrip vir hoe haar noulettende saamleef met die aarde ook in haar verhaalkuns gereflekteer word via die ingeplaaste skryftegniek wat in die artikel ondersoek word en wat aan ’n sterk ekosentriese ingesteldheid stem gee