The requirements and test to assess testamentary capacity (1)

Access full-text article here

Tags:

Peer-Reviewed Research
  • SDG 11
  • SDG 8
  • SDG 5
  • Abstract:

    Die beginsels van testeerbevoegdheid en testeervryheid is gebaseer op gemeenregtelike beginsels. Artikel 4 van die Wet op Testamente 7 van 1953 bevestig die gemeenregtelike beginsels ten aansien van testeerbevoegdheid en stel twee vereistes waaraan voldoen moet word. Eerstens is daar ouderdomsbegrensing van sestien jaar en tweedens mag persoon nie onbevoeg wees om die aard en uitwerking van sy handeling te begryp nie. Die artikel skep voorts die vermoede dat persoon testeerbevoeg is. Persoon wat beweer dat die testateur nie sodanig bevoeg was om testament te verly nie, sal op oorwig van waarskynlikhede moet bewys dat die testateur onbevoeg was. Vooruitgang op die mediese terrein ten aansien van kognitiewe gestremdheid en vermoëns van ouer, geestesbelemmerde persone, het daartoe gelei dat daar skerp toename in hofsake is wat verband hou met testeerbevoegdheid en veral met die tweede been van die vereistes, naamlik dat persoon die aard en uitwerking van sy handeling moet begryp. Die vraag na onbevoegdheid om te testeer is feitevraag waaroor die hof telkens moet beslis. Ten einde te bepaal of persoon onbevoeg was om die aard en uitwerking van sy handelinge rakende die verlyding van testament te begryp, is daar oor die afgelope 150 jaar hoofsaaklik gesteun op die Engelse saak Banks v Goodfellow. Dié saak is reeds in 1870 beslis en word steeds vandag in Anglo-Amerikaanse jurisdiksies as die aanvaarde toets voorgehou om te bepaal of die testateur oor die nodige geestesvermoë beskik het om testament te verly. Banks het toets neergelê vir die “assessering van testeerbevoegdheid”. Met verloop van tyd het die “vereistes vir testeerbevoegdheid” met die “assessering daarvan” ineengestrengel geraak. In hierdie bydrae word die komponente van die vierledige toets (soos geformuleer in Banks), wat deur die howe oorweeg word, aan die hand van onlangse regspraak uit verskeie jurisdiksies bespreek. Die oogmerk is om vas te stel of dié toets, soos dit destyds geformuleer is, hedendaags steeds die geldende toets is en of dié toets tred gehou het met moderne ontwikkelinge op die terrein van mediese navorsing en veral vooruitgang op die gebied van kognitiewe gestremdhede by ouer persone. Daar word met verwysing na ontwikkelinge en regshervorming in ander jurisdiksies besin oor die relevansie van Banks. Daar word aan die hand gedoen dat die riglyne soos neergelê in Banks v Goodfellow wel die toets van tyd deurstaan het aangesien dit met verloop van tyd aangepas is om voorsiening te maak vir moderne vooruitgang. Daar word geredeneer dat die trefwydte van die toets so ver strek dat die neergelegde riglyne, met inagneming van onlangse ontwikkelinge, toegepas kan word. Ten spyte van hervormingstappe in sekere jurisdiksies blyk dit dat die Banks v Goodfellow-toets steeds die aanvaarde toets is en daar blyk geen rede te wees om af te wyk van die beginsels soos daarin neergelê en oor die afgelope 150 jaar toegepas nie.