Caledon and the Overberg: placid centre of a geographic microcosm?
30 March 2012• Opsomming: Die skerp styging in wolproduksie gedurende die 1850's het grootliks tot 'n kortstondige opbloeifase in die Overbergse dorp Caledon bygedra. In teenstelling met sommige ander Suid-Afrikaanse dorpe wat weens die ontdekking van minerale skouspelagtig gegroei het, is Caledon nie deur volgehoue groei en verstedeliking gekenmerk nie. Hierdie bydrae behandel die vestiging van die eerste Blankes in die Overberg, dorpstigting in 1811 en sosiaal-ekonomiese vooruitgang tot omstreeks 1875. Daar word ook aangetoon waarom Caledon, wat grootliks afgesny was van verbindingsweë tussen kushawens en die mineraalvelde, in genoemde tydperk 'n klein dorp in 'n vooruitstrewende landelike gebied gebly het.