The history of nature conservation in Sandton.
06 February 2012• Opsomming: Hierdie artikel word gewy aan 'n baanbrekerspoging om stedelike natuurbewaring in Suid-Afrika toe te pas. Die dorp Sandton het in 1969 tot stand gekom toe aan voorstedelike gebiede en kleinhoewes noord van Johannesburg plaaslike selfbestuur toegeken is. Uit die staanspoor het die Stadsraad die regte verhouding tussen stads- en natuurgebiede probeer bewerkstellig ten einde die lewensgehalte van die inwoners te bestendig en om dele van die hoëveld in die dorpsgrond te bewaar. Hoewel die Stadsraad destyds geloof is vir sy versiendheid en onverskrokke optrede, geniet bewaring nie meer voorkeur sover dit Sandton se plaaslike bestuur aanbetref nie. Die Sentrale regering tree nou egter op om te voorkom dat die natuurlike omgewing heeltemal deur stedelike ontwikkeling vernietig word.