The Natal interior.

11 January 2012

• Opsomming: Die Natalse Binneland, tradisioneel 'n landelike streek, het volgehoue groei, ook op stedelike gebied, ondervind. Dit het meegebring dat die Natalse landskap van die verlede vinniger verander het as in die meeste ander dele van Suid-Afrika. Ten spyte van hierdie veranderinge bied die streek steeds 'n interessante en soms indrukwekkende natuurlandskap aan die belangstellende. Die eerste Blanke inwoners van die Natalse Binneland het uit die Kaapkolonie gekom en met hulle 'n eie kulturele karakter en tradisie van veeboerdery saamgebring. Die oorwegende karakter van die bevolking het egter Brits geword soos weerspieël deur die argitektuur wat hoofsaaklik die algemene strominge in Engeland nagevolg het. Dorpe is aanvanklik aangelê om in die administratiewe en ekonomiese behoeftes van die landelike gemeenskap te voorsien, maar die ontginning van steenkool in hierdie streek het die patroon verander deurdat verskeie selfstandige steenkoolgemeenskappe ontstaan het.