Doddington Court: 160 Victoria Embankment, Durban.
05 January 2012• Opsomming: Doddington Court, met sy treffende steenwerkstruktuur, is sowel boeiend as amusant vanweë 'n eienaardige samevoeging van allerlei argitektoniese aspekte. Die ontwerp eerbiedig die inwoners se privaatheid, terwyl bekwame vakmanskap en deurgaanse deeglikheid opvallend is. Uiteenlopende dekoratiewe details is met oorleg geïntegreer. Die geheel bekoor vanweë die unieke sintese van styl en die aanwesigheid van eg-menslike elemente in hierdie tegnologiese eeu.