The meaning of food for obese men : a qualitative study

15 Jun 2015

Vetsugtigheid is wêreldwyd ‘n wesenlike probleem en Suid-Afrika is geen uitsondering nie Wanneer mans van die verskillende Suid-Afrikaanse bevolkingsgroepe in oënskou ge-neem word, toon wit mans die hoogste voor-koms van vetsugtigheid. Intervensie strategieë vir vetsugtigheid het nog nie bevredigende resultate gelewer nie en een van die redes mag wees dat die strategeë nie die sosiale konteks, emosionele faktore en ‘n persoon se verhouding met voedsel in berekening bring nie. Alhoewel baie navorsing oor die oorsake van vetsug-tigheid en die verwante gevolge daarvan gedoen is, is daar min navorsing beskikbaar oor hoe hierdie gedrag ontstaan en hoe dit kan verander. Voedselkeuse is ‘n dinamiese proses wat ingebed is in sosiale verhoudinge en kort- en langtermyn gevolge vir ‘n persoon se ge-sondheid inhou. Komplekse menslike gedrag moet op mikrovlak bestudeer word vir beter begrip van die vetsugtigheidsprobleem. Die invloed van sosiale- en gesinsnetwerke op die ontwikkeling van vetsugtigheid moet ook in ag geneem word. Die navorsingstrategie vir hierdie studie is ‘n kwalitatiewe en fenemologiese benadering. ‘n Lewensverloop- en simboliese interaksionis-tiese perspektief is as geskik beskou vir ’n studie waar ontwikkelingsfases ter sprake kom en die ontwikkeling van voedsel- en gewigs-lewensbane in interaksie met ander geskied. Die steekproef is saamgestel uit veertien mans met ‘n BMI groter as 30kg/m². Drie in-diepte onderhoude is met elk van die deelnemers gevoer: ‘n aanvanklike ontmoeting, ‘n in-diepte ongestruktureerde onderhoud en ‘n opvolg-onderhoud. Verbatim transkripsies van die on-derhoude sowel as bekrywings van die onderhoudsituasies is gebruik vir die bespreking en interpretasie van die resultate. Die rekenaar-program ATLAS.ti is vir data-analise gebruik met inagneming van die breë navorsingsvrae wat die studie gerig het. Die doel van hierdie artikel is om die rol van voedsel gedurende die lewensverloop van die vetsugtige man kwalitatief te bestudeer, met die primêre doel om die betekenis wat hy aan voedsel koppel en die rol wat hierdie beteke-nisse in sy eetgewoontes speel, beter te ver-staan. Die bevindinge van hierdie studie toon dat voedsel addisionele betekenis en waarde vir die deelnemers gehad het. Met betrekking tot hul ervaring met voedsel het 2 hooftemas uit die data na vore gekom naamlik: “vir die liefde van voedsel” en “spesiale betekenis van voedsel”. Die vetsugtige man se eetgewoontes en die betekenis wat voedsel vir hom het, is deur betekenisvolle ander soos sy gesinslede gedu-rende kinderjare en adolessensie, sy vrou en kollegas gedurende vroeë volwasse jare asook vriende wat ‘n betekenisvolle rol gespeel gedurende die volwasse stadium, beïnvloed. Die deelnemers eet vir die plesier wat voedsel aan hul verskaf en die betekenis wat voedsel vir hul het. Voedselvoorbereiding het gepaard-gegaan met vreugdevolle afwagting. Veskeie faktore soos die huwelik, vriende en hul beroep beϊnvloed hul voedsellewensbane. Voedsel is nie net ter wille van die sensoriese plesier geёet nie; dit het ook sosiale betekenis gehad en is beskou as ‘n simbool van liefde, versorging en vertroosting. Gedurende vroeё volwassenheid is dit as ‘n simbool van korporatiewe aanvaar-ding deur kollegas gesien. Voedsel is ook gebruik om vriende te beϊndruk en om soos ‘n “man” te eet. Kognitiewe beoordeling is elke keer gebruik in situasies waar die deelnemer ‘n besluit in terme van sy eetgedrag moes neem. Voedsel kan nie van die simboliese betekenis wat daaraan geheg word, geskei word nie. Die vetsugtige man se voedsellewensbaan beϊn-vloed sy gewigslewensbaan wat gevolglik ‘n negatiewe invloed op sy belewenis van die self het.