Section 271A of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 (Prescription of certain previous convictions) and minimum sentencing legislation. S v Jacobs 2015 2 SACR 370 (WCC)

22 Feb 2018

Die appellant is in 2013 skuldig bevind aan oortreding van artikel 3 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) deurdat hy in 2012 sonder haar toestemming met volwasse vrou geslagsgemeenskap gehad het. Die staat het aantal vorige veroordelings, waaronder verkragting en poging tot verkragting ingevolge die gemenereg, teen die beskuldigde bewys. Die gebruik van die vorige veroordelings was onderworpe aan artikel 271A van die Strafproseswet. Die appellant se vonnisoplegging was ook onderworpe aan die minimum vonnis-bepaling in artikel 51 van die Strafregwysigingswet 105 van 1997. Die hof het as gevolg van die verloop van tyd die vorige veroordelings teen die 1991-, 1992- en 2009-weergawes van artikel 271A getoets. Die hof het ook gebonde gevoel om letterlike uitleg aan artikel 271A te gee wat meegebring het dat die mees onlangse vorige veroordeling van poging tot verkragting ook weggeval het. Die hof het verder aangedui dat indien sy uitleg van artikel 271A verkeerd was, die vorige veroordelings in elk geval as gevolg van tydsverloop hul regskrag verloor het. Vir sover dit die uitleg van artikel 51(2)(b) van die Strafregwysigingswet aanbetref het, het die hof verduidelik dat die beskuldigde aan die oortreding van artikel 3 hierbo skuldig bevind is. Artikel 3 verskyn in Deel III van Bylae 2 van die Strafregwysigingswet. Die appellant se vorige skuldigbevinding aan verkragting was ingevolge die gemenereg wat herroep is. Dit is verskillende misdryf met verskillende elemente. Die hof het gevolglik bevind dat die appellant eerste oortreder vir doeleindes van artikel 51(2)(b) was. Die hof het bevestig dat die uitleg van wetgewing streng was en dat indien die hof verkeerd was in sy uitleg, die ouderdom van die appellant se vorige veroordeling as substansiële en dwingende faktor beskou moet word. Daar word geargumenteer dat die hof fouteer het om die vorige veroordelings teen 1991- en 1992-weergawes van artikel 271A te toets; ook dat die hof fouteer het deur te bevind dat alhoewel artikel 271A bepaal dat sekere veroordelings nie na 10 jaar verval nie, maatstaf toegepas moet word dat dit na 10 jaar verval. Daar word voorts aangevoer dat die hof fouteer het deur te bevind dat die vorige veroordelings weens die verloop van tyd in elk geval nie in ag geneem hoef te word nie. Daar word gewaarsku teen benadering dat die relevansie van vorige veroordeling in alle gevalle met die verloop van tyd verminder. Laastens word geargumenteer dat die gemeenregtelike oortreding van verkragting in hierdie geval as vorige veroordeling vir doeleindes van artikel 51(2) in ag geneem moes word.