Realist evolutionary functionalism and extra-constitutional grounds for developing the common law of delict : a critical analysis of Heroldt v Wills 2013 2 SA 530 (GSJ)

27 Oct 2016

In Heroldt v Wills is die gemenereg ontwikkel om aan te pas by die veranderende behoeftes van die samelewing. Meer spesifiek het die applikant in hierdie geval daarin geslaag om J interdik te verkry om die respondent te dwing om lasterlike materiaal aangaande die applikant vanaf Facebook te verwyder. In hierdie artikel word die uiteindelike beslissing ondersteun maar twee aspekte van die uitspraak word geproblematiseer. Eerstens problematiseer die skrywer die evolusionêre funksionalistiese benadering (soos wat die Amerikaanse regsrealiste die begrip beskryf) wat die hof hier toepas. Die uitspraak weerspieël J evolusionêre funksionalistiese benadering in die sin dat die hof van mening is dat die reg moet aanpas volgens die funksionele behoeftes van die samelewing om sekerheid en stabiliteit in die gees van tegnologiese veranderings, gemeenregtelike suiwerheid en regsdoeltreffendheid te verseker. Hierdie benadering word in hierdie artikel as problematies beskryf omdat dit die indruk skep dat die gemenereg op J onkontroversiële manier ontwikkel kan word in die rigting van J voorafbepaalde (deterministiese) evolusionêre baan waar politiese spannings tussen verskillende regsbelange geen rol speel nie. Tweedens problematiseer die skrywer die feit dat die Grondwet nie in hierdie uitspraak J substantiewe ideologiese rol in die gemeenregtelike ontwikkeling gespeel het nie. Om met hierdie probleem om te gaan word die vraag gestel of daar wel ekstra-grondwetlike gronde is waarvolgens die gemenereg ontwikkel kan word en, indien daar wel so J grond bestaan, wat die verhouding tussen daardie grond en die Grondwet is of behoort te wees. Hierdie vrae word beantwoord deur J historiografiese studie van die gronde vir die gemeenregtelike ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse konteks. Daarna word J kritiese ontleding van Heroldt aangepak waarin daar geargumenteer word dat die beslissing in Heroldt J sterker fokus op die Grondwet moes gehad het sodat J kritiese benadering tot die ontwikkeling van die gemenereg toegepas kon word.