Host communities and competing applications for prospecting rights in terms of the Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 of 2002

08 May 2012

Die verskillende bepalings van die “Mineral and Petroleum Resources Development Act” 28 of 2002 (“die wet”) omtrent die toekenning van gewone prospekteerregte of ’n preferente regte om te prospekeer word in hierdie bydrae bespreek. ’n Gewone prospekteerreg word deur die Minister, by aansoek aan ’n applikant, toegeken indien aan die vereistes van artikel 17 van die Wet voldoen word. Artikel 104(1) van die Wet daarenteen maak voorsiening vir die aansoek deur en toekenning van ’n preferente propekteerreg aan ’n tradisionele gemeenskap (soos omskryf in die wet) om op gemeenskapgrond te prospekteer. Hierdie bepalings het die grondslag gevorm van ’n ongeraporteerde beslissing van die Transvaalse Afdeling van die Hooggeregshof in Bengwenyama Minerals (Pty) Ltd v Genorah Resources (Pty) Ltd (39808/2007 (TPD) (18-11-2008) Die beslissing het gehandel het oor die bepaling van regsvoorkeur by mededingende prospekteeraansoeke wat na mekaar ten aansien van die Bengwenyama tradisionele gemeenskapsgrond ingedien is. ’n Poging is in die saak aangewend om ex post facto die een prospekteeraansoek in te klee as ’n aansoek vir ’n preferente prospekteerreg deur die tradisionele gemeneenskap. Daar word geargumeenteer dat die hof se beslissing rakende die verskil en verhouding tussen die twee soorte prospekteerregte en die toepassing van die “first come, first served principle” ingevolge artikel 9(1)(b) Wet juis was. Daar word voorts aangevoer dat die feite van die Bengwenyama Minerals beslissing die tekortkoming van die huidige artikel 104 van die Wet, om die belange van ’n tradisionele gemeenskap te beskerm, aantoon indien iemand anders aansoek doen vir ’n gewone propekteerreg. Daar word ook uitgewys dat die voorgestelde 2008 wysigings van die Wet ook nie ver genoeg strek om deelname in prospektering en benutting van mineraalbronne deur ’n tradisionele gemeenskap te verseker nie. Die slotsom word bereik dat die huidige wetgewing dringend gewysig behoort te word om die belange van tradisionele gemeenskappe te beskerm.