Graaf-Reinet's water problems.

05 April 2012

• Opsomming: Die dorp Graaff-Reinet worstel reeds sedert sy stigting in 1786 met 'n knaende tekort aan water. In hierdie bydrae word die waternood ontleed en aandag geskenk aan onder meer die vroeëre stelsel van oop leivore en "branddamme", asook die tydperk toe waterwerke tot stand gebring is en die munisipaliteit homself bankrot moes verklaar. Deur die bou van die Van Ryneveldpas-dam is gehoop om die waterprobleme op te los. Dog periodieke droogtes het die soutgehalte van die dorp se watervoorraad uitermate verhoog, terwyl die aansprake van oewerboere langs die Sondagsrivier op hul waterregte sake vererger het. Dit het die stadsraad verplig om verskeie ander skemas van watervoorsiening te ondersoek. Hierdie pogings was egter onsuksesvol sodat Graaff-Reinet vandag steeds met die tergende Vraagstuk te kampe het.