Sanitation and health conditions in Windhoek, South West Africa, under South African rule between 1915 and 1939.

05 March 2012

• Opsomming: Sanitasie in Windhoek tussen die wêreldoorloë was primitief en onbevredigend. 'n Emmerstelsel is tot 1932 in die blanke dorp gebruik, toe spoelriolering ingestel is. In die lokasie is oop slote tot 1933 gebruik, waarna kommunale spoelsloottoilette in gebruik geneem is. Ten spyte van die toestande was die dorpsmense gesond. Geen epidemies het in die tydperk as gevolg van sanitasietoestande voorgekom nie. Deur gesondheidsdienste en -geriewe is sake betreklik doeltreffend gehanteer, ten spyte van 'n tekort aan geld en opgeleide personeel. Minder sukses is egter behaal in die bestryding van geslagsiektes onder die swart bevolking.