Formalizing milk production in Johannesburg: the dissolution of white petty milk-producers, 1908 - 1920.

14 February 2012

• Opsomming: In die vroeë twintigste eeu het Johannesburg sy daaglikse melkvoorraad van 'n verskeidenheid klein 'informele' melkerye asook van 'n paar groot melkerye verkry. Aangespoor deur toenemende belangstelling in hoë gesondheidstandaarde in die algemeen het die munisipaliteit begin om melkproduksie strenger te beheer. Gevolglik was daar 'n toename in die produksiekoste van die groot melkerye wat op hul beurt die amptenare en die klein produsente as 'vyande' beskou het. In die daaropvolgende stryd is 'n aantal munisipale regulasies uitgevaardig wat gelei het tot die sluiting van die klein melkerye omdat hul eienaars nie die bouregulasies kon nakom nie, en nie soseer omdat bulle onhigiëniese melk geproduseer het nie. In teenstelling met die beëindiging van ander kIeinproduksiebedrywe wat die swart produsente die meeste geraak het, was dit hier die blanke produsente wat die ergste getref is.