Rhodes Fruit Farms: a small beginning in the Paarl valley.

13 February 2012

• Opsomming: Rhodes Fruit Farms, geleë in die Groot Drakenstein vallei het in 1897 o.l.v. Harry Pickstone met die finansiële steun van Cecil John Rhodes tot stand gekom. Pickstone het die moontlikhede om sagtevrugte aan die Kaap op groot skaal vir die plaaslike en uitvoermark te verbou ingesien en onder sy leiding is 'n maatskappy gestig, grond aangekoop, en die bedryf op 'n wetenskaplike en winsgewende basis geplaas. Rhodes Fruit Farms het sedert sy nederige begin 'n uiters belangrike bydrae gelewer tot die vooruitgang van die sagtevrugtebedryf in Suid-Afrika.