Rural revolution - wheat, wool and politics in the Overberg.

10 February 2012

• Opsomming: Gedurende die negentiende eeu is in die distrikte Swellendam, Caledon en Bredasdorp, gesamentlik bekend as die Overberg, nie daarin geslaag om graan ekonomies te verbou nie. Plase in die streek het vinnig kleiner geword en ekstensiewe veeboerdery was nie meer moontlik nie. Slegs die oorskakeling na wolboerdery tussen ongeveer 1830 en 1840 het grootskaalse verarming onder die boere voorkom die Overberg weer 'n stabiele landboustreek gemaak. Die invloei van nuwe kapitaal het weliswaar nie tot die ontwikkeling van groot kommersiële sentra gelei nie, maar 'n beduidende uitwerking op die politieke bewussyn van die Afrikaners gehad.