Bathing habits in Victorian East London.

10 February 2012

• Opsomming: Vir die inwoners van Oos-Londen was swem nie slegs 'n sport nie, maar 'n periodieke noodsaaklikheid a.g.v. 'n tekort aan water. Vanaf 1873 het die dorpsbestuur regulasies neergelê om swemure, swemdrag, en veral aparte swemplekke vir mans en dames te bepaal. Hierdie regulasies was te konserwatief en te beperkend vir die inwoners van die kusdorp en hulle het oor 'n tydperk van etlike dekades die regulasies wetlik beveg of bloot geïgnoreer. Eers teen 1906 toe gemengde baaiery toegelaat is op voorwaarde dat mans en dames swemklere dra, is die saak besleg.