Through Livingstone’s eyes: perspectives on water in nineteenth-century Southern Africa (1849-56)

19 January 2012

• Opsomming: David Livingstone (1813–1873) was deel van ‘n merkwaardige geslag ontdekkingsreisigers wat in die negentiende eeu Afrika vir die Engelssprekende wêreld oopgestel het. In Missionary travels and researches in South Africa (1858), ‘n klassieke reisbeskrywing, maak hy onder meer telkens mededelings aan mense in Brittanje en Noord-Amerika in verband met die wyse waarop hy die wateromgewing in suider-Afrika ervaar het terwyl hy op reis was in die streek. Livingstone se waarnemings werp waardevolle lig oor die wyse waarop inheemse gemeenskappe met die wateromgewing omgegaan het. Ook is daar aanduidings van die wyse waarop hulle die beskikbare waterbronne bestuur het. Ook word kennis geneem van Victoriaanse perspektiewe oor water in suider-Afrika.