Tharfield - the story of an Eastern Cape farm and its inhabitants (1822 - 1977)

10 January 2012

• Opsomming: Die verhaal van die plaas Tharfield is ineengevleg met die geskiedenis van die families Bowker en Webb. As een van die mooiste en mees ongeskonde plase in Setlaarstreek is dit meer as net ʼn skatkamer van die Setlaargeskiedenis: die habitatverskeidenheid wat dit vir voël- en dierelewe bied, maak dit van belang vir die natuurbewaarder en die ekoloog, terwyl ʼn studie van die boerderymetodes wat toegepas is vandat die plaas in 1822 aan die eerste eienaar toegeken is, vir die landboukundige van groot betekenis kan wees. Tharfield was vir meer as 'n eeu in die Bowkers se besit toe dit in 1925 die eiendom van Thomas Webb geword het. Vandat die huidige eienaar van Tharfie1d die plaas oorgeneem het, het hy hom toegelê op die produksie van slagbeeste. Hy het ook die Webb-tradisie, naamlik die verbetering van die weiding deur die aanplant van smaakliker grassoorte, voortgesit. Terwyl hy die plaas verbeter het, het die eienaar dit in gedagte gehou dat die individuele boer ook 'n bydrae tot natuurbewaring kan maak. Gevolglik is 'n gedeelte van Tharfield in 1973 vir 'n natuurreservaat opsy gesit.