Parys on the Vaal.

09 January 2012

• Opsomming: Parys is in 1876 op die plaas Klipspruit aangelê. Die ontdekking van goud op die Witwatersrand in 1886 het baie vir die vooruitgang van die dorp beteken en in 1890 was dit een van die tien grootste dorpe in die OVS. Die Tweede Vryheidsoorlog het egter alle ontwikkeling tot stilstand gedwing. In 1905 is die spoorlyn na Parys voltooi en in 1910 is 'n dam in die Vaalrivier gebou wat die dorp se landboupotensiaal verhoog en watersportgeriewe geskep het. Verskillende nywerhede en sakeondernemings het mettertyd op die dorp gevestig geraak sodat Parys vandag 'n aantreklike en vooruitstrewende dorp met meer as 8 000 Blanke inwoners is.